Hoërskool Swartland skitter met hul puik prestasies as medaljewenners
ADVERTISEMENT
Die Hoërskool Swartland atlete het 23-25 Februarie aan die Bolandbyeenkoms deelgeneem. Baie geluk aan die volgende atlete en hul puik prestasie as medaljewenners:
- Elri Coetzee ontvang ‘n brons medalje, Dogters o.15 5000m Stap.
- Charles Thompson ontvang ‘n goue medalje, Seuns o.15 5000m Stap.
- Emma Hartley ontvang ‘n goue medalje, Dogters o.17 5000m Stap.
- Tafadzwa Mashizha ontvang ‘n brons medaje, Seuns o.14 100m Hekkies en 4de plek 300m Hekkies.
Baie geluk aan ons atlete met ander individuele prestasies:
- Sunelle De Bruyn 6de, Dogters o.15 90m Hekkies.
- Lize-Mari Batt 5de in beide Dogters o.17 Driesprong en Verspring.
- Tercia Adams 6de, Dogters o.17 2000m Hindernis
- Chloe Lottering 5de Dogters o.19 400m Hekkies en 4de 100m Hekkies.
- Henrico Maass 8ste Seuns o.19 Spiesgooi.
Baie geluk aan Emma Hartley, Charles Thompson, Elri Coetzee en Tafadzwa Mashizha, wat opgeneem is in die Bolandspan en aan die Wes-Kaap kampioenskappe gaan deelneem. Ons is trots op julle. Baie dankie aan tannie Elmarie Marais wat Hoërskool Swartland se stapatlete afrig.









