Rugby prestasie vir Hoërskool Swartland
ADVERTISEMENT
Die volgende drie seuns en mnr. Martin Dyason is bevoorreg om die komende vakansie saam met die Buffalo-span na Italië te toer. Hulle vertrek Donderdag 28 September en land weer die 7de Oktober. Daar gaan drie wedstryde gespeel word en hulle gaan ook die wêreldbekerwedstryd tussen Suid-Afrika en Tonga kyk. Sterkte aan julle span. Geniet elke oomblik! Hoërskool Swartland is trots op julle.












