Hoërskool Grens atlete presteer by SA-atletiekkampioenskappe
ADVERTISEMENT
Amori Matthee en Zoë Griessel het op 16 en 17 Maart 2022 aan die SA-atletiekkampioenskappe in Germiston deelgeneem. Zoë Griessel eindig tweede in die 400m semi-finaal en agtste in die finaal. Amori Matthee het ‘n tweede posisie in verspring verwerf. Hoërskool Grens is sowaar trots op hierdie uitsonderlike prestasies. Baie geluk!
LINKS: Amori Matthee REGS: Zoë Griessel










