Hoërskool Punt personeel en ouers lewer onbaatsugtige diens aan skool
ADVERTISEMENT
Ons sê uit die diepte van ons harte: Aan elke Hoërskool Punt ouer en voog wat kom help het – of dit nou was met die bak van pannekoek, die maak van heerlike broodjies, of die harde werk agter die toonbank in die snoepie – julle is ware sterre! Dankie dat julle julle tyd, energie en liefde gee om ons skoolgemeenskap te ondersteun. Ouerbetrokkenheid is nie net ’n hulp nie – dit is ’n krag! Sonder julle entoesiasme en bereidwilligheid sou hierdie verkope nie so ’n sukses gewees het nie. Elke hand het ’n verskil gemaak. Punt se ouers is goud werd!
















