Die Hoërskool Wonderboom gee om
ADVERTISEMENT
Die Wonnies het vandag omtrent gees gewys en inisiatief geneem deur deel te neem aan die ‘Anything but a schoolbag’ dag. Die leerders kon vandag skooltasse tuis los inruil vir `n skenking aan die Wonnie koskas. Skoolboeke is in verskeie ander maniere vandag skool toe gebring.
Die Wonnie koskas voorsien aan minder bevooregte gesinne van die gemeenskap maandeliks kruideniersware. Dankie aan elke leerder/ouer vir die skenkings.















