Hoërskool Upington atlete presteer uitstekend by die SASA Kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Hoërskool Upington wens graag ons atletiekspan wat aan die SASA Atletiekkampioenskappe deelgeneem het, hartlik geluk met hul uitstekende prestasies. Ons is ongelooflik trots op elke atleet wat die Uppie-naam met trots gedra en hul beste op nasionale vlak gelewer het. Baie geluk aan elkeen van julle. Julle harde werk, toewyding en deursettingsvermoë maak Uppies ongelooflik trots.














