Laerskool Orion atlete presteer by die Super 12 atletiekbyeenkoms
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan elke atleet van Laerskool Orion wat op Saterdag, 25 Oktober 2025, aan die Super 12-atletiekbyeenkoms by Die Hoërskool Menlopark deelgeneem het. Die Ories het alles gegee en ’n puik algehele 13de plek behaal!
’n Spesiale geluk ook aan ons atlete wat Top 3-plekke behaal en medaljes verower het – ons is ongelooflik trots op julle uitstaande prestasies! Ons is trots op elke Orie-atleet wat ons met trots verteenwoordig het!
𝗘𝗲𝗿𝘀𝘁𝗲 𝗽𝗹𝗲𝗸𝗸𝗲:
- 1200m: Mila Scholtz
- Verspring: Martmari Rautenbach
𝗧𝘄𝗲𝗲𝗱𝗲 𝗽𝗹𝗲𝗸𝗸𝗲:
- Hoogspring: Kaylee Quinton
- 100m: Ethan Veldman
- Verspring: Dylhan Bekker
- Hoogspring: Dylhan Bekker
- 70m Hekkies: Dylhan Bekker

































