Worcester-Noord Primêre Skool atletiek gaan van krag tot krag
ADVERTISEMENT
Nege van Worcester-Noord Primêre Skool se atlete het die afgelope naweek aan die Wes-Kaap byeenkoms deelgeneem en besonders goed gevaar. Ons is trots op elke liewe atleet wat Boland verteenwoordig en deelgeneem het.
Baie geluk aan die volgende atlete met julle pragtige prestasies:
- o. 10 – Louise Koen – eerste plek hoogspring
- o. 12 – Liany Mc Donald – tweede plek hoogspring
- o. 12 – Zahn Hugo – derde plek verspring
- o. 13 – Zeta George – eerste plek verspring en eerste plek 100m
Hierdie vier atlete verwerf hul Wes-Kaap kleure en sal 20 – 21 Maart 2026 aan die SA atletiekbyeenkoms deelneem. Ons wil ook graag spog met ons o. 13 ster, Zeta George, wat tydens die opening die erekode van ‘n atleet gelees het. Baie sterkte met jul voorbereiding vir die SA byeenkoms. Ons is só trots op elkeen se harde werk en deursettingsvermoë! Hou so aan, Noordjies!












