Curro Langebaan rugby en netbal toer na Riebeek Vallei
ADVERTISEMENT
Curro Langrbaan o.13-rugby- en netbalspanne het ’n fantastiese toer gehad na die Riebeek Vallei Sporttoernooi wat van Sondag, 29 Maart tot Woensdag, 1 April plaasgevind het. Albei spanne het uitstekend gevaar en hulself onderskei met uitsonderlike dissipline en deursettingsvermoë. Die netbalspan het al vyf hul wedstryde gewen, terwyl die rugbyspan drie oorwinnings behaal het en drie wedstryde verloor het.
Baie geluk aan Rachel Genis, Emily Olivier en Mia Kruger wat vir die All Stars-netbalspan gekies is wat in Desember na Engeland sal toer.
Baie geluk aan Caiden van den Bergh, Andrew Noble, Mighael Oosthuizen, Jandré Nel, Jacques van der Merwe en Jacques Hurter wat vir die All Stars-rugbyspan gekies is om in Desember na Italië te toer. Jacques Hurter is eintlik nog o.11, so dis voorwaar ‘n fantastiese prestasie! Ons is ongelooflik trots op elkeen van hierdie spelers! Baie dankie aan al ons ouers vir jul volgehoue ondersteuning deur die toernooi!
















