Laerskool Vredekloof spog met WP-hokkiespeler
ADVERTISEMENT
Laerskool Vredekloof is ook trots om te spog met ‘n graad 7-leerder, Akhile Hans, wat verlede week in die o.13 WP-seunshokkiespan opgeneem is. Dit is vir ons ‘n groot voorreg om ‘n WP-hokkiespeler in ons span te hê. Dit is so mooi om te sien hoe hy die liefde vir die sport en sy goeie sportsmanskap op die veld en van die veld af te sien.
Hy draf elke wedstryd wat hy vir die skool speel op die veld met ‘n glimlag wat sy liefde vir die sport uitbeeld. Dit is ‘n merkwaardige prestasie en elke Klofie, personeellid en ondersteuner is ongelooflik trots op hierdie prestasie. Ons wens vir hom en sy WP-span sterkte toe met hulle seisoen.










