Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria beleef ‘n goeie sagtebal seisoen
ADVERTISEMENT
Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria sagtebalspanne het die afgelope week met uitsonderlike prestasies by die Tshwane-finaal gewys dat harde werk en spanwerk beloon word! Uitslae:
- o.14A-span – Tshwane-wenners
- o.15A-span – 4de plek
- o.16A-span – Tshwane-wenners
- o.19A-span – 2de in Tshwane
- o.14B-span – 1ste in die liga
- o.16B-span – 1ste in die liga
Individuele prestasies:
- Juliet de Bruyn – Beste kolwer in die o.16D-liga
- Yani van Heerden – Beste pitcher in die o.19A-liga
En asof dit nie genoeg is nie, is ons ongelooflik trots op die drie Affies wat tot die o.17 Gauteng-span gekies is: Mila Oosthuizen, Mila Meyer en Alissa Malherbe! Baie geluk aan elke speler en afrigter julle hou die Affie-gees lewendig met elke hou, vang en oorwinning.















