Hoërskool Oos-Moot sagtebalspelers gekies vir die Gauteng Skole span
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Hoërskool Oos-Moot se Miané van Dyk, Telana Breytenbach en Elrie Smit met hierdie besondere prestasie. Hierdie leerders is gekies vir die Gauteng Skole Sagtebalspan wat Desember aan die Summer Games, te Pretoria gaan deelneem. Hierdie toernooi vind plaas vanaf 11-15 Desember 2025. Baie geluk ook aan Coach Mathilda Marais wat as hoofafrigter van hierdie span aangestel is. Ons is baie trots op julle. Baie sterkte vir die voorbereiding vir die toernooi. Ons Oosies staan agter julle.












