Hoërskool Stellenbosch JSE Beleggingsuitdaging nasionale wenners
ADVERTISEMENT
Hoërskool Stellenbosch JSE Beleggingsuitdaging nasionale wenners. Ons is ongelooflik trots op vier van ons graad 12-leerders, Ruben Buys, Hanno Janse van Rensburg, Rouhan Venter en Josh le Roux wat uitblinkers was in die JSE Beleggingsuitdaging 2025!
Met R1 miljoen fiktiewe kapitaal het hulle hul beleggingsvernuf geslyp en teen meer as 66 000 leerders in 28 000 spanne meegeding. Hierdie briljante span het nie net in April én Augustus as die topspan in die ETF/ETN-kategorie uitgestyg nie, maar is ook gekroon as die algehele nasionale wenners vir die jaar in hul kategorie! Hierdie prestasie getuig van hul toewyding, strategiese denke en ’n indrukwekkende begrip van finansiële markte — vaardighede wat hulle vir die toekoms uitstekend toerus. Finansiële geletterdheid is krag. En hierdie vier het gewys hoe dit lyk in aksie!










