Hoërskool Fichardtpark leerders geniet die pret hoogtepunt van die jaar
ADVERTISEMENT
Op Donderdag, 30 Oktober het ons Fichies weereens dié pret-hoogtepunt van die jaar met oorgawe geniet! Hoërskool Fichardtpark huise het gees gevang, speletjies is gespeel, ernstige swemitems, maar ook minder ernstige swemkompetisies het tot dié dag bygedra!!
Fichies kon daarna heerlik, op ‘n pragtige somersdag, in die swembad baljaar, saam vriende uitspan en heeldag aan iets lekker peusel.
















