Hoërskool Merensky swem in Limpopo Swemkampioenskap
ADVERTISEMENT
Twaalf swemmers van Hoërskool Merensky het op 12 en 13 Februarie aan die Limpopo-kampioenskappe by die munisipale swembad in Polokwane deelgeneem. Die uitslae was as volg:
- Simoné Schonken, 2e – 50m Vlinderslag.
- Cianke Louw, 3e – 50m Vryslag.
- Markus Theron, 3e – 400m Vryslag.
- Mignon Smit, 3e – 100m Vlinderslag.
- Jayden Jurgens, 3e – 50m Borsslag.
- Larike Joubert, 3e – 50m Borsslag, 100m Borsslag en 100m Vlinderslag.
- Donia Smit, 2e – 400m Vryslag; 3e – 200m Rugslag, 200m Individuele Wisselslag en 800m Vryslag.
- Adelia Schonken, 2e – 100m Rugslag, 50m Borsslag, 100m Borsslag, 50m Rugslag en 200m Borsslag; 3e – 50m Vlinderslag en 50m Vryslag.
Die swemmers berei voor met die oog op die Interhuis Swembyeenkoms op 7 Maart asook die SA Skolekampioenskap op 26 tot 28 Maart.
![]()










