Hoërskool Eldoraigne se bors swel van trots nadat hul swemspan interhoër wen
ADVERTISEMENT
Hoërskool Eldoraigne se bors swel van trots nadat hul swemspan hul interhoër gewen het. Die Eldo’s is in ʼn bouproses met hul swemspan en om die D-bond interhoër te wen sodat hulle kan skuif na die C-bond in 2024 was net die begin. Onder die leiding van hul passievolle afrigters, Nicole Amiras en Frans Burger is die Eldo-swemspan besig om hulself te laat geld.
Op Donderdag, 16 Februarie 2023, het die swemspan as geheel nie alleen geseëvier nie, maar het hul individuele leerders ook uitstekend gevaar. Ethan MacLachlan is aangewys as Junior Vivctor Ludorum. Hy het twee goue medaljes verwerf en ʼn silwermedalje. Zelmarie Levin, is as Senior Victrix Ludorum aangewys en Marthin Basson as Senior Victor Ludorum, beide het drie goue medaljes verwerf. In geheel verwerf die Eldo’s 11 goue medaljes, 11 silwer medaljes en 12 brons medaljes. Hoërskool Eldoraigne sien met afwagting daarna uit dat hul swemspan van krag tot krag sal gaan.![]()










