Hoër Landbouskool Marlow Tjaart Vorster Tennistoernooi uitslae
ADVERTISEMENT
Marlow het die week vanaf 15-18 Februarie 2023 die 21ste Tjaart Vorster Tennistoernooi aangebied. Twee en twintig spanne (12 seun- en 10 dogterspanne) het vanjaar deelgeneem. Me Carin van Rensburg het weer as toernooi- skeidsregter opgetree en al die spelers het in Die Tuishuise en Victoria Manor tuisgegaan. Die dogtersfinaal is beslis tussen Oranje Meisieskool en Curro Durbanville met Oranje wat as wenners uit die stryd getree het. Die seunsfinaal was tussen Pearson en Paul Roos se Uitnodigingspan. Dit was ‘n taai stryd met Pearson wat dan as die wenners gekroon is.
Die Geestrofee het vanjaar gegaan aan Cradock se dogters en die gesogte Tjaart Vorster Toekenning is toegeken aan Brandon Rieseberg van Pearson. Marlow se span het baie goed gevaar en het 4de gekom, nadat hul naelskraap met 13-11 teen Sentraal verloor het. In die uitdunrondtes het Marlow onder meer afgereken met Oakdale (18-10) , Stirling High School (20- 8) en Volkskool (18-9). Die uitslae was soos volg:

B van Heerden
Dogters:
- Oranje
- Curro
- Voortrekker
- Clarendon
- Stirling
- Outeniqua
- Cradock
- 8.’ Pearson
- Sentraal
- Framesby

F Froehlich
Seuns:
- Pearson
- Paul Roos Uitnodigingspan
- Sentraal
- Marlow
- Outeniqua
- Voortrekker
- Framesby
- Stirling
- Oakdale
- Curro
- Volkskool
- Cradock
Marlow bedank graag die Cradock en Visrivier tennisklubs asook al Cradock se skole vir die gebruik van hul tennisbane. Sonder almal se ondersteuning, kan so ‘n toernooi nie aangebied word nie. Baie dankie!! Ons was ook bevoorreg dat TP en Erika Vorster ons op Vrydag besoek het. Die volgende persone en instansies het as borge opgetree en word bedank:

T Botha
- Victoria Manor en Tuishuise
- Steers
- Wimpy
- Oasis Water
- Watersons Apteek
- Faan Coetzer
- True Living
- Monita Nel Agri Consultant
- Wilson (The Gholf Racket)
- LockeRoom
- JSM 4×4 Adventure and Outdoor
- Karoo Express
- PG Glass, Cradock
- Wilhelm Jordaan
- PSG (Juanita Botha)
Al die Marlow ouers vir skenkings en ondersteuning en die Gr 11-ouers vir Vrydag se middagete. Baie dankie aan Me C Greyling vir al haar harde werk om die toernooi ‘n sukses te maak!









