Hoërskool Upington swemmers presteer uitstekend by SA’s
ADVERTISEMENT
Hoërskool Upington is ongelooflik trots op ons twee Uppie Guppies wat die aan Swem Suid-Afrika se Level 2 kampioenskappe deelgeneem het!
Hulle het uitstekend gevaar en pragtige prestasies behaal:
- Lawrence Kock – 7 Goud, 4 Silwer en 1 Brons
- Destheonique Julius – 2 Silwer, 1 Brons, 3x 4de Plekke, 1x 5de plek en 4x 6de plekke
Wat ’n ongelooflike prestasie! Ons is super trots op julle, Uppie Guppies! Hou so aan om golwe te maak!












