Groot Interjol 2023: Hoërskool Duineveld se eerstespan dogtershokkiekaptein gesels met AWSUM
ADVERTISEMENT
AWSUM gesels met, eerstespan dogtershokkiekaptein van Hoërskool Duineveld oor hulle seisoen en die kragmeting wat voorlê. Lees die spesiale koerantuitgawe vir die toernooi hier.
Eerstespan Hokkiedogters Kaptein: Ina-Mari Nel
Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover? Toe ons in die laaste 3 sekondes ‘n wedstryd gewen het teen een van ons grootste opposisiespanne.
Hoe motiveer jy jou span? Wees altyd positief op en van die veld af, al was dit nie altyd maklik nie. Om hulle te motiveer het ons altyd die goeie goed na elke wedstryd uitgehaal wat ons gemoedere gelig het.
Wie is julle onderkaptein en hoe staan sy jou by? Ons onderkapteine is Lara van den Heever en Corlene Maass. Hulle ondersteun my en help as daar besluite moet geneem word. Ons elkeen het ons sterkpunte en so help dit dat ons saam die span kan lei.
Wat wil julle as `n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak? Ons wil die span wees waarvoor ons nog die hele seisoen voor oefen. Om net ons beste te gee en dit net ten volle te geniet! Wat my die trotse sal maak is as ons die seisoen kan afsluit met die Interjol- en Ligabeker in ons hande.
Wat is jou planne vir die toekoms? Ek wil graag in ‘n BSc rigting by die Universiteit van Pretoria gaan studeer.










