Groot Interjol 2023: Hoërskool Duineveld o.19A rugbyspan
ADVERTISEMENT
Kom ondersteun die rugbyspanne 5 Augustus.
AWSUM het met hulle afrigter Stefan van Wyk gesels.
Wat kan die skool en ouers hierdie jaar te wagte wees van julle span? Jaar is amper verby…met 3 wedstryde oor kan almal verseker weet dat ons sal aanhou werk en alles gee.
Hoe is die samestelling van die span vir die Groot Interjol? Enige beserings? Span sal dieselfde wees behalwe vir Burger ons skrumskakel wat beseer is.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar? Ons krag lê in ons span kultuur en dat ons nooit gaan lê nie.
In jou opinie, wat is die eienskappe van `n goeie rugbyspeler? Een wat eerste en laaste by oefening wegstap omdat hy ekstra insit. – sy lyf sal afskryf vir sy span en sy skool.
Wat is jou filosofie as `n afrigter? Ek glo persoonlikheid dryf prestasie…elke spelers se persoonlikheid moet toegelaat word om ten volle op die veld uit te kom.. En span kultuur wen talent elke dag.
Is daar enige afrigters waarna jy opkyk? Swys de Bruin, Rassie Erasmus.
Hier is die o.19A rugbyspan van Hoërskool Duineveld:
8. Wihan Liebenberg
1. Chris Honiball
2. Ravian Wessels
3. Ethan Prins
4. Arno Luttig
5. Gert White Grobbelaar
6. Alek Andrianatos
7. Freddie Collen
9. Franco Mostert
10. Ethan v Zyl
11. Shamaro de Klerk
12. DJ Wandrag
13. Wyndham Bouwer
14. Jaquin Jasson
15. Gregan Jansen
Ean le Riche
Henry Page
Jaquin Jasson










