Bethlehem Voortrekker swemmers presteer
ADVERTISEMENT
Bethlehem Voortrekker se swemmers het uitstekend presteer. Hier volg hulle uitslae:
- Tydens die Splash Festival wat by die Knysna-meer plaasgevind het in Desember, het Ébet Bester 3 km geswem in ‘n tyd van 57:01:20. Baie geluk.
- Cherná Fouché het weer aan die Free State Championship deelgeneem en swem die 200 m vryslag in 2:50,56 en die 400 m vryslag in 6:06,51. Welgedaan.
Die afgelope naweek het swemmers, wat ook lede van die Bethseals Swemklub is, deelgeneem aan oopwaterswem te Baynesfielddam.
- Kennith Outram swem 3 km in 58:00:56 en Carmi Dowling swem 3 km in 1:06:32.
Trekkertrots!

Vlnr: Ebet Bester, Carmi Dowling, Cherna Fouché, Kennith Outram








