Paul Roos Gimnasium se swemmers presteer
ADVERTISEMENT
Twee van ons spanne het verlede week aan die jaarlikse Fastest Four Gala by Bridge House deelgeneem. Paul Roos Gimnasium se swemmers was beslis die vinnigste vier in elke ouderdomsgroep en het selfs ‘n paar rekords gebreek! Die PRG-spanne het ‘n indrukwekkende 150 punte behaal, ver voor Hoër Jongenskool Paarl in die tweede plek met 118 punte. Baie geluk aan hierdie seuns met hul uitstekende prestasies!
Verder het ons ook het die eerste deel van die seisoen op ‘n hoë noot afgesluit, met ‘n rekordgetal swemmers wat op 30 Oktober aan die Boland Liga Gala deelgeneem het. Daar was baie uitstekende individuele prestasies, en die PRG- aflosspanne het ook nuwe rekords opgestel.










