’n Unieke Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria leierskap verhaal
ADVERTISEMENT
’n Unieke Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria verhaal: Drie sussies, drie keer die leierskap, ‘n mooi nalatenskap! By ’n skool met 105 jaar se trotse tradisies gebeur daar soms iets só besonders dat dit vir altyd deel word van ons geskiedenis. Dit is presies wat die Ferreira-sussies reggekry het — hulle het die bladsy omgeslaan na ’n splinternuwe hoofstuk. Hierdie jaar is Lisa Ferreira, ons 2026-hoofdogter, as die jongste van drie susters wat almal in hul matriekjaar as hoofleiers gekies is.
![]()
En hoewel AHMP dekades terug ook ’n merkwaardige kwartet gehad het—die vier Oosthuizen-sussies, elk op hul eie tyd hoofleiers—het ons lanklaas só ’n suster-sensasie beleef.
- Jana Ferreira – Vise-President, 2019
- Carla Ferreira – Vise-President, 2021
- Lisa Ferreira – President, 2026
Drie susters. Drie hoofleiers. Drie keer die trots. Die Ferreira sussies het met hul liefde vir die skool, hul sagmoedigheid en besondere leierskap nie net hul eie stempel op die skool afgedruk nie, maar ook ons geskiedenis op ’n betekenisvolle manier herskryf. Affiesmeisies eer hulle met groot waardering — en ’n bietjie bewondering. Want sommige stories word nie net geleef nie… dit word verewig.









