Laerskool Courtai leerder skitter in dans
ADVERTISEMENT
Laerskool Courtrai leerder Léa Roux, het deelgeneem aan die 2026 World Dance Masters in Kroasië as deel van die Suid-Afrikaanse Dans span. Die SA-span en Léa se Made to Move spanmaats het goed gevaar ten spyte van die sterk kompetisie en deelname van 22 lande.
Léa was deel van ‘n eerste plek vir ‘n Acrobatics groepdans, Dragon en derde vir die Hip Hop roetine, Vibrancy. Sy eindig ook sesde vir haar Jazz solos in haar kategorie. Dit was ‘n fantastiese leerskool om op hierdie internasionale platform deel te neem.














