Provinsiale sport prestasies vir Laerskool Courtrai leerders
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Laerskool Courtrai leerders Corlia Ries en Mickyle Small met hul uitstekende sportprestasies! Corlia Ries is gekies vir die o.12 Wynland-netbalspan — ’n besonderse prestasie wat getuig van harde werk, deursettingsvermoë en talent op die netbalbaan.
Mickyle Small het ook uitstekend gevaar deur vir die o.13 Cravenweek-rugbyspan gekies te word. Hierdie prestasie is ’n bewys van sy toewyding, passie vir rugby en indrukwekkende spel op die veld. Ons is ongelooflik trots op julle albei en wens julle alle sterkte toe met die opwindende geleenthede wat voorlê!
![]()









