Ligbron Akademie vir Tegnologie SA’s sport prestasies
ADVERTISEMENT
Twee van Ligbron Akademie vir Tegnologie se sportspanne, die eerste seunsgholfspan en die o.16A netbalspan het Mpumalanga onlangs by hul onderskeie sporte se Suid-Afrikaanse kampioenskappe verteenwoordig. Die Liggies se eerste gholfspan het van 4 – 6 Augustus in Middelburg aan die Suid-Afrikaanse Hoërskole Gholfkampioenskappe deelgeneem. Onder die bekwame leiding van Frans de Klerk (spanbestuurder) en Nickey Jansen van Rensburg (afrigter) het hulle groot skole soos Grey College, Merensky Landbou Akademie en Hoërskool Wesvalia uitgestof om 19de te eindig. Individueel behaal die spelers die volgende plekke: Lohan Swart: 57ste, Regard Janse van Rensburg 62ste, Anthony Reid 70ste en Arno van der Bank 86ste.
Die Suid-Afrikaanse Netbalkampioenskappe het by Hoërskool Dr E G Jansen plaasgevind. Die span, onder afrigting van Leoné Bakker, moes kragte meet met skole soos Paarl Gimnasium, Oranje Meisies Hoër en Hoërskool Westvalia. Hulle het gemengde uitslae behaal en eindig algeheel 21ste. Ligbron is trots op hierdie twee spanne en hul afrigters wat tot die hoogste vlak presteer het.

Eerste Gholfspan amptelik

Eerste gholfspan

o.16 netbalspan Banele Khanyi, Kayla van der Merwe, Yothandwa Sithole, Simoné van der Linde, Me Leoné Bakker (afrigter), Siya Nkosi, Ruané van der Linde, Sina Sibande en Michaela Dos Reis. Gholf caption: Arno van der Bank, Lohan Swart, mnr Nickey Jansen van Rensburg (afrigter), Anthony Reid en Regard Janse van Rensburg.









