Voorbereidingskool George het aan die Netbal en Rugby Bokkiedag deelgeneem
ADVERTISEMENT
Saterdag was ‘n pragtige dag by Laerskool Blanco waar ons Voorbereidingskool George aan die Netbal en Rugby Bokkiedag deelgeneem het. Die son het geskyn, die spel was vol energie en ons kinders het hulle harte uitgespeel – op die rugbyveld en die netbalbaan. Almal het gewys wat dit beteken om met trots en gees te speel! Ná die vakansie sien ons met opgewondenheid uit na die volgende wedstryde. Gebruik hierdie tyd om saam met jou kind of kleinkind ‘n bal te vang, te gooi en hul vaardighede te slyp. Hulle sal nooit weer so klein wees nie, en tyd wat in hulle belê word, is nooit tevergeefs nie.


















