Hoërskool Volksrust Wintersport vs Piet Retief
ADVERTISEMENT
Hoërskool Volksrust het Saterdag, 5 Maart 2022, teen Hoërskool Piet Retief deelgeneem aan hokkie in die tweede rondte wedstryde van die PUK 16 poelwedstryde. Die onoorwonne o.14 span van Ms Zuzané van der Merwe het hoog op die telbord geëindig met 3 doele teen HPR. Lerato Moloi was aangewys as die speler van die wedstryd.
Die ander hokkiespanne het geweldige verbetering gewys in naelbytwedstryde en die volgende leerders is aangewys as spelers van die wedstryd: Khumo Ndumo (o/15), Michelle Olivier (o/16), Nontobeko Mthembu (tweede span), Chantel Delport (eerste dogters) en Zack Kranhold (eerste seuns). Hartlik geluk aan al die hokkiespelers. Saterdag 12 Maart sal Volkies weer teen Hoërskool Pionier te staan kom in die laaste rondte van die poel wedstryde.
Die rugby seuns van Hoërskool Volksrust kom te staan teen ʼn baie sterk Hoërskool Piet Retief op 5 Maart 2022.
Al die spanne van Volksrust ervaar ʼn moeilike dag daar is egter ʼn paar lig punte in van die wedstryde. Volkies se 2de span lewer baie goeie spel. Hulle teken drie drieë aan in hul wedstryd teenoor die vier van Piet Retief. Manne wat drieë gedruk het, is Alwande Thwala, Dirk Lourens en Ntombesi Kambule. Alwande Thwala is ook aangewys as die man van die wedstryd; hul teling 27-19.
Die o/16 span van Volksrust het hard gepoog om Piet Retief uit hul doelgebied te hou. Volkies teken na halftyd ʼn drie aan in die vorm van Aphiwe Khumalo wat oor die doellyn seil en Matthew Macdonald wat hom verdoel. Man van wedstryd is Aphiwe Khumalo.
- o/14 man van wedstryd is Ndumiso Mgubane.
- o/15 man van wedstryd is Owethu Soko
- 1ste man van wedstryd is Avumile Dlangalala
Volksrust se spanne is almal hard aan die werk te voorbereiding vir die wedstryde teen Hoërskool Pionier op 12 Maart op tuisveld.













