Laerskool Tzaneen ATKV-Redenaars 2025 dring deur na die Nasionale Finale
ADVERTISEMENT
Die nasionale finale rondte van die ATKV-Redenaars 2025 het op 5 en 6 Augustus by ATKV-Goudini Spa plaasgevind. Hierdie prestige-kompetisie, een van die ATKV se oudste, is vanjaar vir die 59ste keer regoor Suid-Afrika én in Namibië aangebied. Ons sê baie geluk aan:
Joshua Schulze – Beste Taalgebruiker én algehele 2de plek in die Gr. 1-3 Afrikaanse Huistaal-afdeling! Pieter Mostert – 6de plek in die Gr. 4-5 Afrikaanse Huistaal-afdeling! Laerskool Tzaneen is trots op hierdie twee Larries wat ons skool se naam met trots gedra het!











