Hoër Landbouskool Boland ploeg terug in die gemeenskap
ADVERTISEMENT
Die Matriekraad van Hoër Landbouskool Boland het onlangs ‘n gemeenskapsprojek geloods om harte (en lywe) hierdie winter warm te hou! Ons het warm klere, komberse en skoene vir die span by ButterflyHouse Drakenstein ingesamel, sodat hulle die kindertjies en hul families in dié gemeenskap hiermee kan ‘bless’. Daar is natuurlik ook ‘n bietjie gesonde kompetisie in die lug: die klas wat die meeste items insamel, wen ‘n eksklusiewe, fliek- en springmielie-aand!
Ons wil dankie sê aan elke Bolander wat ‘n bydrae gemaak het. Julle wys waaroor ware broederskap en omgee gaan. Hoe kan die publiek help? Butterfly House doen deurlopend onbaatsugtige werk, en hulle het ons hulp nodig. Ons moedig ander skole en die publiek aan om betrokke te raak by hierdie projek. Kom ons staan saam en maak ‘n verskil!









