Groot glimlagte en blink tande vir Curro Mosselbaai se jong leerders
ADVERTISEMENT
Da Gama Dental het vir Curro Mosselbaai se Graad R- en Graad 1-leerders tandepasta- en tandeborsel-pakkies gestuur.Sulke gebare maak ’n groot verskil in die leerders se daaglikse roetine en help om van kleins af goeie mondhigiëne-gewoontes te vestig.Hierdie inisiatief van Da Gama Dental dra nie net by tot gesonder glimlagte nie, maar versterk ook die boodskap by die leerders van Curro Mosselbaai dat selfversorging en trots op hul eie welstand reeds op ’n jong ouderdom begin.

















