Kwartaal 3 sport uitblinkers vir Hoërskool Stellenbosch
ADVERTISEMENT
Kwartaal 3 sport uitblinkers vir Hoërskool Stellenbosch. Gimnastiek: Baie geluk aan Hoërskool Stellenbosch leerder Otto Veldtman wat hierdie Saterdag aan die Wes-Kaap Gimnastiek Kampioenskappe vlak 5 in die ouerdomsgroep 15 jaar en ouer deelgeneem het. Hy behaal ‘n eerste plek in die pommelperd (9.35), ‘n tweede plek in spronge (9.4) en ‘n tweede plek in ringe (8.2). Hy kwalifiseer hiermee vir die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe. Mooi so, Otto! Sterkte met SA’s!!
Tennis: Gerrie Berner Dubbelstoernooi – Moorreesburg. Hoërskool Stellenbosch se Eerste seuns- en dogterspan neem deel aan die Gerrie Berner Dubbelstoernooi aangebied deur Hoërskool Dirkie Uys. Hulle eindig algeheel 1ste uit 10 skole! Uitslae:
- Wen Hoërskool Dirkie Uys 41-21
- Wen Hoërskool Bredasdorp 52 – 10
- Wen Hoërskool Swartland 40-22
- Wen HTS Drostdy 36-26
- Wen Hermanus Hoërskool 42-20
Finale posisies:
1.Hoërskool Stellenbosch
2.Hoërskool Swartland
3.HTS Drostdy
4.Hoërskool Dirkie Uys
5.Hoërskool Hermanus
6.Hoërskool DF Malan
7.Hoërskool Upington
8.Hoërskool Bellville
9.Hoërskool Bredasdorp
10.Hugenote Hoërskool
Agter links na regs: Stefan Vorster (Edge Tennis Akademie) , Emma van der Merwe, Nina van der Merwe, Rieze Steyn, Emma Smith, Lila van der Merwe en Lara Rohlandt. Voor links na regs: Melgard Keller, Tristan Truter, PF Strauss, Wynand Horn, Marinus Toerien, Martin Botha












