Hoërskool Linden leerder verwerf haar Provinsiale kleure vir sagtebal
ADVERTISEMENT
Lucca Leipoldt (gr.9) is Hoërskool Linden se eie sagtebal-ster! Sy neem oor Desember 2024 aan die Inter-distrik Sagtebal-kampioenskappe te Camp Discovery deel en verwerf hierdeur haar provinsiale kleure vir sagtebal. Lucca ontvang ook die opwindende nuus dat sy tydens hierdie toernooi as individuele speelster identifiseer is om tydens die opkomende Oktober-skoolvakansie, as deel van die IRT-uitnodigingspan in Praag (Tjseggiese Republiek) op internasionale vlak deel te neem!
Baie geluk Lucca, dis voorwaar ‘n prestasie om op trots te wees!










