HTS John Vorster sagtebaldogters uitslae
ADVERTISEMENT
JV-SAGTEBAL – SPESIALE TRADISIES NA AAN ‘N JV-HART! HTS John Vorster deel graag die uitslae van ons sagtebaldogters se laaste tuiswedstryde teen CR Swart. Welgedaan JV’s! Julle het baie goed gedoen en ons is baie trots op julle! Dit is dan ook tradisie dat ons vir ons matrieks (Nicole en Kaylee) ballonne gee wanneer hulle hul laaste tuiswedstryd speel. Dit was ekstra spesiaal, want Nicole Swart was vyf jaar deel van die dogters se eerstespan. Dit is ‘n merkwaardige prestasie. Dankie vir die toegewydheid en liefde vir die sport.

















