Afrikaanse Hoër Meisieskool maak hul merk by die Sagtebal Nasionale Provinsiale Kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Van 25–28 Maart het die jaarlikse Sagtebal Nasionale Provinsiale Kampioenskappe plaasgevind, waar talent van regoor die land kragte gemeet het. Afrikaanse Hoër Meisieskool is besonder trots op Alissa Malherbe, wat as lid van die Gauteng senior damespan ’n uitstaande bydrae gelewer het tot hul kroning as kampioenspan. Nog ’n bekende gesig, Yani van Heerden (oud-Affie), was ook deel van hierdie wenspan.
Wat hierdie prestasie nóg meer besonders maak, is dat van Afrikaanse Hoër Meisieskool se huidige sagtebalafrigters – Me. Rozaan Vorster, Me. Elri Herman, Me. Juanic Beukman en Me. Megan Stander – ook deel was van die span. ’n Ware bewys van die gehalte en passie wat ons afrigting kenmerk!










