HS Bredasdorp Top 10 Atletiek laat rekords spat
ADVERTISEMENT
Die Hoërskool Bredasdorp kon na die inperkingsmaatreëls wat die Covid-pandemie meegebring het, vanjaar uiteindelik weer die BD’s Top 10-atletiekbyeenkoms aanbied! Dié byeenkoms, waaraan 33 laerskole (530 atlete) en 42 hoërskole (840 atlete) deelgeneem het, het op 28 en 29 Oktober op die hoërskool se velde plaasgevind en was beslis ‘n suksesverhaal!
12 Laerskoolrekords is verbeter. Lenka Viljoen (Laerskool Outeniqua) het die beste prestasie behaal met ‘n allemintige afstand van 14,53m in Gewigstoot vir dogters o.13. Hierdie afstand is beter as die huidige SA rekord. Die hoërskoolbyeenkoms het 12 nuwe rekords opgelewer. Die beste rekord is deur Minke Brink aangeteken, do/14 GS met ‘n afstand van 14,05m.
Beste presteerders Laerskole:
- Seuns o.11: Jeno Jacobs (LS Montagu) 70mHekkies, 10.84 s, 916 ASA punte
- Dogters o.11: Imke Roux (LS Gene Louw) 70mHekkies, 12.03 s, 935 ASA punte
- Seuns o.12: Zack Roos (LS Montagu) gewigstoot, 12,28 m, 822 ASA punte
- Dogters o.12: Ilke Stockigt (LS De Hoop) 75mHekkies, 12.28 s, 878 ASA punte
- Seuns o.13: Raydon Williams (LS Montagu) hoogspring, 1,68 m, 875 ASA punte
- Dogters o.13: Lenka Viljoen (LS Outeniqua) gewigstoot ,14,53m 1031 ASA punte
Beste presteerders Hoërskole:
- Seuns o.14: Walter van Rensburg (Hoërskool Outeniqua) gewigstoot, 17,29m, 946 ASA punte
- Dogters o.14: Aimee Johnson (Fairmont High) gewigstoot, 14,38m, 952 ASA punte
- Seuns o.15: Zian du Plessis (HS Outeniqua) gewigstoot, 18,89m, 1014 ASA punte
- Dogters o.15: Chris-Mari Nel (HS Vredendal) gewigstoot, 16,34m, 1013 ASA punte
- Seuns o.17: Juan Marais (HS Charlie Hofmeyr) diskusgooi, 55,53m, 924 ASA punte.
Wenskole:
- Klein Laerskole (onder 600 leerders): 1ste Montagu, 2de Robertson en 3de Noord Eind
- Groot Laerskole (bo 600 leerders): 1ste Hartenbos, 2de Outeniqua en 3de Paarl Gimnasium
- Klein Hoërskole (onder 600 leerders): 1ste Boland Landbou, 2de Oakdale en 3de Stellenbosch
- Groot Hoërskole (bo 600 leerders): 1ste Outeniqua, 2de Paarl Gimnasium en 3de Durbanville
BD-medaljes:
- Junicke Newman 2 x brons: Do/15 100 m, 13.32; 200m, 28.85
- Naidé April 1 x silwer: So/17 100m, 11.0
Baie dankie aan Supersport Skole wat vanjaar die byeenkoms gebeeldsend het. Ons opregte dank ook aan al ons borge en ondersteuners wie se betrokkenheid en hulp ‘n suksesvolle Top 10 Atletiekbyeenkoms verseker het. Mev. Estelle Genis is die wenner van die Arniston Spa Hotel-prystrekking en wen daarmee twee nagte se verblyf vir twee persone, ontbyt ingesluit. Baie geluk!
Mev. Barbara Burger, skakelpersoon van Arniston Spa Hotel, oorhandig die wenprys aan Mev. Estelle Genis.
Heel regs is Junicke Newman van Hoërskool Bredasdorp wat die bronsmedalje vir do/15, 200m, gewen het. Junicke het ook die bronsmedalje vir do/15 in 100m verower.










