Hoërskool Volksrust goue atletiekbyeenkoms uitslae
ADVERTISEMENT
Op Vrydag, 11 Februarie vind die jaarlikse goue atletiekbyeenkoms plaas. Hoërskool Volksrust se velde is groen, die baan in ʼn puik toestand en elke Volkie gereed om sy beste te lewer. Deelnemende skole was Volkies, Standerton, Piet Retief, Ferrum en Pionier Vryheid. Die Volkies het pragtige atletiek opgelewer en die gees was wonderlik.
Slegs 4 rekords word gebreek vir die dag:
Die seuns 16 jaar se 110 m hekkies rekord van 2018 word deur K Majake van Standerton gebreek. Die dogters 14 jaar se 90 m hekkies van 2020 word gebreek deur C Vosloo, ook van Standerton. Volkies se eie Kethu Thwala sorg egter vir die opwinding van die dag, toe hy die 2005 seuns 16 jaar se 400 m hekkies rekord breek met ʼn puik tyd van 57.28 sekondes. Kethu breek ook die 2018 rekord in die 110 m hekkies. Baie geluk aan elke atleet met sy medaljes, veral aan Matthew MacDonald wat 5 goue medaljes gewen het. Volkies kan voorwaar dankbaar wees vir die talente waarmee ons geseën is.

















