Laerskool Eversdal swemmers kook aan die SA Junior Swemkampioenskappe
ADVERTISEMENT
Laerskool Eversdal swemmers, Anna Horn en Daniël Barnard het die afgelope vakansie aan die SA Junior Swemkampioenskappe by UWK deelgeneem. Daniël het in al sy items sy persoonlike beste geswem. Anna het ‘n bronsmedalje in die 200IM gewen en drie goue medaljes in die 50m, 100m en 200m borsslag.
![]()










