Primêre Skool Naudeville swemmer vaar puik by die Midmar Myl swem geleentheid
ADVERTISEMENT
Adriaan du Toit het, 8 Februarie aan die Midmar deelgeneem in Howick, naby Pietermaritzburg. Die Midmar Myl-swem (1,6 km) is een van die grootste oopwater-swemgeleenthede ter wêreld en word jaarliks by die Midmar Dam naby Howick in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika, gehou.
Die geleentheid trek duisende swemmers van regoor die wêreld, insluitend amateurs, professionele atlete, en selfs para-swemmer deelnemers.Hy voltooi die swem in 30,47 minute. Baie geluk Adriaan, dis ń fantastiese prestasie










