Laerskool Bosveld Primary wys hul staal by die Limpopo Skole Kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Die afgelope Saterdag, 1 Februarie 2025 het 6 swemmers van Bosveld gaan uit haal en wys by die Limpopo Skole Kampioenskappe. Die dogters spog met ‘n algehele 4de plek en die seuns ‘n 6de plek. Daar het 14 Laerskole deelgeneem. Minke Erasmus het 9 goue, 2 silwer en 1 brons medaljes vir haarself ingepalm en met ‘n puntetotaal vn 235 is sy aangewys as die Junior Victrix Ludorum. Ons spog met die volgende leerders wat ookdeelgeneem het:
- Amelie Piater – 1 Goud, een silwer, een brons en onder top 5
- Lourens Erasmus – 2 Silwer, een brons en onder top 5
- Mia-Lee Geyser – twee brons en onder top 5
- Luan van der Schyff – 1 Silwer, 1 Brons en onder top 5
- Lilly Benade – Tye verbeter










