ATKV-Redenaars 2026 prestasies vir Laerskool JJ van der Merwe
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Laerskool JJ van der Merwe-leerder Amjee Mentz met haar uitstaande prestasie! Amjee het uitstekend gevaar in die ATKV-redenaarskompetisie en is as die Mpumalanga-wenner in die Graad 6–7 Afrikaans Huistaal-afdeling aangewys. Hierdie merkwaardige prestasie is ’n bewys van haar harde werk, selfvertroue, uitstekende taalvaardigheid en vermoë om haar gedagtes duidelik en oortuigend oor te dra.









