HS Jim Fouché vaar puik met hul deelname aan die Radikale Redenaars
ADVERTISEMENT
Hoërskool Jim Fouche leerders het puik prestasies met hul deelname aan die Radikale Redenaars streeksfinaal op 26 April te Bethlehem
In die Voorbereide redenaars afdeling het Joah de Villiers (Gr ’n 2de plek, Chenique Erasmus (Gr. 10) ’n 2de plek, Rizé Bierman (Gr. 10) ’n 4de plek en Lisa Botha (Gr. 12) ’n 2de plek verwerf.
In die Lees-afdeling (Prosa) het LeVyrle du Plessis (Gr. 10) 1ste plek, Eben Sander (Gr. 10) en Jomari Siebert (Gr. 10) 2de plek, Kamo Tsoaeli (Gr. 10) 3de plek, Kayla Labuschagne (Gr. 10) 4de plek, Lisa Botha (Gr 12) 2de plek en Suné Deacon (Gr. 12) 3de plek verwerf.
Baie geluk aan LeVyrle du Plessis wat deurdring na die Nasionale finaal wat op 18 Oktober 2025 te Boksburg plaasvind.










