Hoërskool Ermelo redenaars leer en presteer
ADVERTISEMENT
Die volgende Erries het aan die Podiumpret-kompetisie deelgeneem en besonder goed presteer. EHS is trots op die sprekers en wens elkeen alle voorspoed toe vir die volgende ronde wat DV plaasvind vanaf 29 September – 1 Oktober te Pretoria.
Mariska van Biljon behaal 83% vir haar humoristiese toespraak. Vir voorbereide toesprake behaal Lidmari Sheppard en An-Euné van Niekerk onderskeidelik 79% en 83%. Zané du Plessis neem deel aan die onvoorbereide afdeling en behaal 82% vir die toespraak. Zanéke Ludick neem deel aan onvoobereide lees, waarvoor sy 79% behaal en aan die voorbereide toespraak-afdeling waarvoor sy 83% behaal.
Thandolwethu Kubheka and Siyabonga Makhanya both participated in unprepared reading and achieve 75% and 77% respectively for this item.
Baie geluk aan elke Errie met die uitstekende uitslae. EHS is trots op elkeen!
![]()










