Hoërskool Strand se eerste gholfspan het vanjaar baie goed in die WP B-liga gevaar
ADVERTISEMENT
Hoërskool Strand se eerste gholfspan het vanjaar baie goed in die WP B-liga gevaar. Hulle wen vyf van hulle ses ligawedstryde en het meegeding teen Curro Durbanville, Stellenberg, SAGBD, Durbanville, Bellville en Melkbosstrand om ten einde vir die finaal te kwalifiseer. Tydens die finaal het hulle teen ‘n baie goeie span van Hoërskool Vishoek te staan gekom en moes hulle ongelukkig die knie buig en op die dag tevrede wees om met ‘n silwermedalje weg te stap. Die seuns het die heel jaar uitstekende gholf gespeel en was ware ambassadeurs vir Hoërskool Strand. Ons is opreg dankbaar vir ons borg mnr. Ettiene Nel van OK Foods Strand vir sy getroue ondersteuning van hierdie span.

Foto:v.l.n.r.- Mnr. Pillay (WP Skole Gholf), C Erwee, N Maartin, D Theron, E Coetsee (kaptein), Mnr. Pelser, J Oehley en C de Jager.









