Hoër Jongenskool Paarl gholfspan kraai koning by Sun City 2023
ADVERTISEMENT
Hoër Jongenskool Paarl gholfspan kraai koning by Sun City 2023. HJS se gholfspan het aan die jaarlikse Egalite- internasionale gholftoernooi te Sun City deelgeneem. Op die eerste dag het hulle op die Gary Player-baan ʼn voorsprong van agt houe op hulle naaste teenstanders behaal.
Dag twee speel hulle op die moeilike Lost City-baan en vergroot hulle hul voorsprong na 10 houe. Hulle kwalifiseer om dag 3 op die Gary Player-baan te speel. Hulle presteer deur St Stithians met 20 houe en Paul Roos in die derde plek met ʼn allemintige 41 houe te klop. HJS wen die gesogte toernooi en Dylan Kayne stap met die trofee vir die beste individuele speler weg met ʼn telling van -6 onder baansyfer oor die drie dae.
![]()










