Hoër Jongenskool Paarl matrikulant verteenwoordig SA in internasionale wiskundeolimpiade
ADVERTISEMENT
Hoër Jongenskool Paarl se eie Hugo Bruwer (graad 12) is gekies as een van slegs ses leerders wat Suid-Afrika by die internasionale wiskundeolimpiade in Chiba, Japan, gaan verteenwoordig. Daarna gaan die span 10 dae lank in China deurbring saam met top- wiskundeleerders van oral in die wêreld. Hugo vertrek ook volgende week na Rwanda as lid van die Suid-Afrikaanse span wat aan die Pan-Afrika-wiskundeolimpiade in Kigali gaan deelneem.
![]()










