HS Menlopark Wiskunde olimpiade
ADVERTISEMENT
Raai, raai… Wat sien jy as jy 3.14 na ’n spieël draai?
As jy verstaan dat 1089 x 9 = 9801 is en dat jy ʼn koek met slegs drie snye in agt dele kan verdeel, dan is jy waarskynlik ʼn goeie kandidaat vir die Wiskundeolimpiade – ʼn kompetisie waar deelnemers safety in numbers vind.
Vir die sowat tagtig Menloparkers wat hulleself in die tweede rondte van die Olimpiade bevind het, was die modus operandi eenvoudig: Wend die produk van jou wiskundekennis en kreatiwiteit op so ʼn manier aan dat die som van jou antwoorde gelyk is aan dit wat op die memorandum staan sodat ons weereens kan bewys dat Menlo-Wiskunde die verskil is. Leerders wat na die derde rondte deurdring, sit die soektog na die helling, draaipunt en onbekende hoeke op 28 Julie voort.
Menlo se Wiskundedepartement berei leerders voor om met entoesiasme enige wiskundige uitdaging aan te pa ken te oorkom. Wiskunde is werklik wonderlik by Menlo!
![]()










