HS Ermelo se gholfers neem deel aan SA-kampioenskap
ADVERTISEMENT
Errie-gholfers neem deel aan SA-kampioenskap
Twee Erries, Zané du Plessis (graad 12) en Bea Breedt (graad 11), het op 16 en 17 Julie aan die SA Hoërskole IPT Kampioenskap vir dogters by die Reading Buiteklub in Alberton deelgeneem.
Bea speel uitmuntende gholf en word vir die derde agtereenvolgende jaar as die SA-kampioen gekroon. Sy was ook kaptein van die Mpumalanga A-span wat die spankompetisie gewen het.
Zané en Bea het saam as ‘n span die Erries verteenwoordig in die SA Skole-afdeling. Hierdie twee dogters vorm ‘n gedugte span en eindig algeheel agste uit 26 spanne.
Baie geluk aan hierdie twee Erries. Hoërskool Ermelo is trots op julle.










