Paul Roos Gimnasium eerstegholfspan wen die SA Skole Gholfkampioenskappe
ADVERTISEMENT
Veels geluk aan die Paul Roos Gimnasium eerstegholfspan wat daarin kon slaag om die SA Skole Gholfkampioenskappe in Middelburg te wen. Die laaste keer wat die skool dit kon vermag was in 2022. Ses en twintig skole het deelgeneem en die PRG-span het met hul telling van -13, ʼn 9 hou voorsprong teenoor Menlopark Hoërskool in die tweede plek aangeteken. Nicolas van der Vyver het algeheel in ʼn gesamentlike eersteplek geëindig en ʼn uitstekende -9 aangeteken. Die span het bestaan uit Andries en Nicolas van der Vyver, Alex Frankel en Booyë Walters.
van links is Alex, Nicolas, Andries en Booyë)
Afrigter Anna Becker-Frankel ook by










