Hoërskool Ermelo-gholfster skitter by die SA Vroue 72-putjie-spankampioenskap
ADVERTISEMENT
Hoërskool Ermelo-gholfster skitter by die SA Vroue 72-putjie-spankampioenskap. In ‘n opwindende vertoning van talent en toewyding het ‘n graad 11-leerder, Bea Breedt, haar gholfvaardigheid ten toon gestel by die SA Vroue 72-putjie-spankampioenskap. Dié het plaasgevind vanaf 22 tot 24 Mei by die Paarl Golfklub.
Ten spyte van harde kompetisie tussen 54 vroue, het Bea se uitsonderlike vaardighede en onwrikbare vasberadenheid haar gelei na ‘n indrukwekkende sestiende plek – ‘n uitstekende uitslag vir iemand van haar ouderdom. Bea is ook die beste speler in die Mpumalanga-span en dié span eindig die kampioenskap in die sewende plek. Baie geluk met die besondere prestaise, Bea. Jy maak die Erries trots!
Bea Breedt
Bea Breedt
Foto krediet: aan Golf RSA Ernest Blignault










